Kategoriee

Website Discovery (16) Article of the Day (6) New to the site (6) Sending (4) Woord van God (4) Christenvervolging (3) Evangelisasie (3) Gebedsversoeke (3) Preekmanuskrip (3) Presuppositional Apologetics (3) gebed (3) preek (3) preke (3) Afrika (2) Apologetiek (2) Bybel (2) Christian Action (2) Christian Music (2) Christian Spotlight (2) Coming Soon (2) Discipleship (2) Dissipelskap (2) Francis Schaeffer (2) Genesis (2) Missiologie (2) Missiology (2) Questions and Answers (2) RC Sproul (2) Recommended Music (2) Software Discovery (2) Voorveronderstelde Apologetiek (2) Website Veranderings (2) Woord (2) aborsie (2) bid (2) pornografie (2) rassisme (2) sosiale (2) 1 Kronieke (1) Amazon Wishlist (1) Anti-Calvinisme (1) Belgic Confession (1) Bestuur (1) Blackberry (1) Blind Beggar (1) Bloedrivier (1) Books I Own (1) Books I Want (1) Brief aan die Romeine (1) Bryan Follis (1) CRUMA (1) Calvinisme (1) Canons of Dordt (1) Chesterton (1) Christian Artists (1) Christian Movies (1) Christian Religion (1) Duits (1) Europa (1) Evolusie (1) Frontline Fellowship (1) GFA (1) Geopende Deure (1) Goodreads (1) Google+ (1) Gordon Stein (1) Gospel (1) Gospel for Asia (1) Greg Bahnsen (1) Heidelberg Catechism (1) History (1) Huwelik (1) INcontext Ministries (1) India (1) Joh 9:1-41 (1) John M Frame (1) John Piper (1) Justin Taylor (1) Kain (1) Karnataka (1) Kirk Cameron (1) Labri (1) Leroy Eims (1) Ligonier Ministries (1) Living Waters (1) Marguerite Scholtz (1) Marriage (1) Marturia (1) Mike A Robinson (1) Missions (1) Mukhanyo Theological College (1) New Reformation Press (1) Nuus (1) Nuwejaarsvoorneme (1) Onfeilbare (1) Open Doors (1) Paulus (1) Peter Hammond (1) Pette (1) Popular Debates (1) Preaching Library (1) RSS Feeds (1) Ray Comfort (1) Reformation (1) Sendingwerk (1) Skepping (1) Soewereniteit van God (1) Steve Jobs (1) Suggestions (1) T-Hempde (1) Tanya Scholtz (1) The way of the Master (1) Tim Keller (1) Timeline (1) Verbond (1) Vrae (1) White Horse Inn (1) William Edgar (1) WorldCat (1) Zulu (1) dankbaarheid (1) download (1) geloof (1) grace (1) konserwatisme (1) liberaal (1) linkses (1) manipulasie (1) politiek (1) privaatheid (1) redding (1) regses (1) sinners (1) tyd (1) veiligheid (1) veldtogte (1) vrou (1) vrymoedigheid (1) xMind (1)

Tuesday, December 11, 2012

Terug na die bekende

Het besluit om weer die ou bekende "look" te gebruik in plaas van die moderne...werk net prakties makliker.   Ek is nie so aktief op my blog op die oomblik nie - maar ek upload omtrent elke Sondag my preke.  Gaan kyk onder die preek-tab vir preke.

Tuesday, August 14, 2012

Preekmanuskrip Genesis 35:1-15

### Vind die preek en nog baie ander onder die preekafdeling op die hoofblad ###

SKRIFGEDEELTE:  Genesis 35:1-15
Teksvers: Genesis 35:10-12

Inleiding
Geliefdes in die Here Jesus Christus, soos God die verbond met Abraham gesluit en met Isak herbevestig het, herbevestig Hy dit ook met Jakob.  In die geskiedenis is Abraham die oupa, Isak die pa en Jakob die seun.  As ons egter wil verstaan wat God belowe het, moet ons teruggaan en gaan kyk wat die verbond (die verbond is ‘’n ooreenkoms wat God met Abraham gesluit het) behels wat Hy met Abram of later Abraham gesluit het.  In Gen. 15 en Gen. 17 lees ons dan hiervan:
(Gen 15:5) Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
(daarna volg natuurlik die geskiedenis waar God met Abraham die verbond bevestig deur hom te vra om die diere op te sny en God dan daardeur beweeg)

(Gen 17:4) Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word.
(Gen 17:5) Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies.
(Gen 17:6) En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

(Gen 17:7) En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
(Gen 17:8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

(Gen 17:15) Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees.
(Gen 17:16) En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.

Hierdie woorde is aan Abraham gerig en waarlik die Israeliete het n groot volk geword en ook die land Kaanan beerwe, maar As ons hierdie gedeeltes in die konteks van die hele Woord lees – dan besef ons dat die beloftes van die verbond nie net op Israel van toepassing is nie.  God versamel vir hom ‘n volk wat mense insluit van elke stam, volk, taal en nasie.
Paulus haal Hosea en Jesaja aan as hy aantoon dat die Evangelie ook behoort aan die heidene:
(Rom 9:25) Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
(Rom 9:26) en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
(Rom 9:27) En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
(Rom 9:28) want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
(Rom 9:29) En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
(Matt 28:19) Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies...

Dit is dus baie duidelik dat ons wat in geloof na God nader ook ingesluit is in die verbond wat God met Abraham gemaak het.  Ons word daarvan deel deur God wat vanuit sy genade aan ons die geloof gee.  Ook vir ons is die beloftes van die verbond van toepassing maar daarmee saam ook die eise van die verbond.  Wat is die eise en die beloftes van die verbond?
God herbevestig dus aan Jakob die verbond, dat hulle die land Kanaän sal beerwe.  Dit het dan ook so gebeur....Jakob het 12 seuns gehad wat hulleself gaan vestig het in Egipte, hulle broer Josef het hulle daarheen laat kom in ‘’n tyd van droogte....en jare daarna het Moses die volk weer uitgelei, deur die woestyn...en die volk het die beloofde land ingeneem en hulleself in Kanaän gaan vestig.
Punt 1 (onvermoee)
Die vraag vanoggend is:  Het Israel die land beerwe agv hulle eie heiligheid of gehoorsaamheid?  Was dit omdat hulle so oulik was?
God kom en sluit die verbond met Abraham, herbevestig dit met Isak en Jakob, maar ook die uitvoer van die beloftes dit doen God getrou.  God is getrou as Hy aan Abraham belowe dat Hy, ‘’n God sal wees vir sy nageslag, maar ook vir hom ‘’n land sal gee.  God verwag dat Abraham en sy nageslag heilig voor Hom sal lewe soos Hy heilig is...daarom later in die woestyn merk ons op dat Hy die volk afsonder van die volke rondom hulle, daarom die reinheidswette, daarom die Mosaise wette, Sy volk moet anders wees, Sy volk moet heilig wees.
Maar is Sy volk dan heilig?  Is Sy volk dan gehoorsaam?  Kom Sy volk die eise van die verbond na?  Lewe sy volk volgens Sy voorskrifte?  Die volk in die woestyn.
(Eks 15:24) Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?

(Eks 16:7) En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat Hy julle murmureringe teen die HERE gehoor het—want wat is ons, dat julle teen ons murmureer?
(Eks 16:8) Daarop sê Moses: Dít sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.

(Num 14:27) Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

(Num 14:36) En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ‘n slegte gerug aangaande die land te versprei,

Die volk wantrou God, hoe kan Hy hulle in die woestyn inlei en dan verwag dat hulle hier moet sterf?  Hoe kan Hy nie vir hulle kos gee nie?  Hoe kan Hy nie in hulle behoeftes voorsien nie?
Hulle kan selfs na al die wonders van God wat hulle aanskou het, nie God vertrou en volgens Sy voorskrifte leef nie.
(Lev 11:44) Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig...
God vereis volkome heiligheid van die volk,omdat Hy heilig is, enigiets onheiligs is reeds teen Sy karakter.  Sonde gaan lynreg in teenoor wat Hy is.  Volkome heiligheid beteken dat die volk volkome heilig moet wees en in niks oortree nie.  As hulle nie die wet volkome kan onderhou nie, dan is hulle nie meer heilig nie...dan sal hulle as onheilig beskou word.  As hulle die land moet verdien, dan moet hulle kan toon dat hulle so heilig is soos God.  Maar dit kan hulle nie, want hulle lewe is deurtrek van sonde.  Sonde verwyder hulle van God se heiligheid deur hulleself onheilig te laat.
God bly egter getrou aan Sy beloftes, Hy lei die volk self deur die woestyn, Hy self verslaan die Kanaäniete en gee aan die volk die land.  Nie uit hulle eie krag of heiligheid het hulle die land beerwe nie, maar uit God se genade-beskikking.
As dit van Israel afgehang het, sou hulle nie die land kon beerwe nie!  Die land is ‘’n geskenk aan Israel.  Hulle gehoorsaamheid, wat ongehoorsaamheid was, het nie die land vir hulle gekoop nie.
Geliefdes, die land Kanaän dien vir ons bloot maar net as ‘’n voorsfskaduwee van die ewigheid, van die hemel....want ook in die verbond sien ons dat God ‘’n land beloof wat in ewigheid sal bestaan.
(Gen 17:8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Die belofte van Kanaän as fisiese land vir Israel is dus ook ‘’n belofte aan almal wat deel in die verbond, as ewige besitting, en dus ook die hemel.
Die vraag dan aan ons is, sal ons die Ewige land kan beerwe, die hemel, as dit afhang van ons eie heiligheid of gehoorsaamheid?
Sal ons gehoorsaamheid, of vroomheid genoeg wees.  Sal ons voldoen aan God se  heiligheid?
Miskien dink jy, jy is darem nie ‘’n te slegte mens nie, jy is darem gehoorsaam aan jou ouers – as jy ‘’n kind is.  Jy gee so van tyd tot tyd vir die armes.  Jy is altyd gaaf en vriendelik met ander mense.  Jy gaan mos nie rond en maak mense dood of vloek hulle nie.  Daar is mense wat veel slegter as jy self is.
Geliefdes kom ons toets gou ons heiligheid an God se standaard:
Het jy al ‘’n leuen vertel? Goed, wat noem ons iemand wat ‘’n leuen vertel:  ‘’n leuennaar.
Het jy al gesteel, selfs net die kleinste dingetjie, miskien ‘’n potlood by die werk of miskien die werk se tyd? Goed, wat noem ons iemand wat steel?  ‘’n dief.
Het jy al na ‘’n vrou of ‘’n man gekyk en haar of hom begeer?  Goed wat noem ons iemand wat begeer....Christus noem so ‘’n persoon, ’n egbreker na hart.
Het jy al vir jou broer kwaad geword en vir hom gese:  Jou dwaas (selfs net in jou hart), dalk in die verkeer?  Christus noem dit moord na hart, dus ‘’n moordenaar.
So jy is ‘’n leuenaar, ‘’n dief, ‘’n egbreker na hart en ‘’n moordenaar na hart.  Dis omtrent 7 van die 10 gebooie.  So as jy voor God se standaard van heiligheid kom, dan lyk dit nie meer so rooskleurig nie, as dit dus van jou afhang, as jy vandag sou doodgaan, dink jy, jy sal hemel toe gaan?  Onthou die standaard vir hemel is God se standaard van volkome heiligheid.
Oorgangsstellings (Klimaks)  So nou sit alle mense, wat ons insluit met ‘’n probleem, as dit van ons afhang, dan is ons nie heilig genoeg om hemel toe te gaan nie, maar ons kan ook nie heilig genoeg word, om hemel toe te gaan nie, die enigste ander opsie is dan die ewige dood, die hel.
Punt 2 (Christus-verskil)
Tensy....daar Iemand wat ons onheiligheid vir ons kan dra?  Waar sal ons daardie Iemand vind, want daardie Iemand kan nie ‘’n mens wees nie, want ons as mense is nie volkome heilig nie, maar tog moet daardie Iemand ook ‘’n mens wees, anders gaan Hy nie deur dieselfde toets van heiligheid nie.
Goed, so ons het Iemand nodig wat God is en ons het Iemand nodig wat ‘’n mens is.  Iemand wat nie een van ons is nie, maar tog ook Een van ons is.
Hoekom moet die Iemand God wees?  Want as mense kan ons nie heilig genoeg wees nie.
Hoekom moet die Iemand ook ‘’n mens wees?  Want ook die Persoon moet hier op aarde kom heilig lewe....net Een wat groter en meer heilig is as ons, kan die eise van die verbond, die eis van volkome heiligheid nakom.  Een wat hier op aarde n hele lewe van heiligheid kan he, Iemand wat nooit sonde sal doen nie.
Verder, die Iemand sal ook die oordeel van God oor die sonde moet kan dra...die Iemand sal met Sy lewe moet betaal vir ander se sonde (want
Hy moet sonder sonde wees)....maar moet ook die dood kan oorwin...en fisies opstaan om die oorwinning te kan aantoon.
So ons het Iemand nodig, wat:
God en mens is tegelyk, Iemand wat met sy lewe kan betaal vir die sonde, Iemand wat God se oordeel oor die sonde kan dra, Iemand wat na alles nog moet opstaan ook uit die dood uit en so die dood oorwin.  Op so Iemand kan ons dan vertrou, en weet dat ook ons onheiligheid deur Hom gedra is, dan kan ons seker wees dat ons die land gaan beerwe (dat ons hemel toe gaan).
(Matt 1:21) en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

(Jes 53:2) Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
(Jes 53:3) Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
(Jes 53:4) Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
(Jes 53:5) Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
(Jes 53:6) Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
(Jes 53:7) Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
(Jes 53:8) Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
(Jes 53:9) En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
(Jes 53:10) Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
(Jes 53:11) Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
(Jes 53:12) Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
Wie is die hierdie Persoon?  Geliefdes, hierdie Persoon is ons Here Jesus Christus.  Hy het gekom as God en ‘’n menslike liggaam aangeneem en onder ons kom woon en onder ons kom sterf, maar ook oorwin en opgestaan, Hy het gekom en vir ons verlossing gebring.
Jesus Christus het die verbondseise, van heiligheid, kom nakom in jou plek en daarom is die beloftes van die verbond vir jou, bloot net genade.  Wat beteken dit vir jou, vir Jakob, vir Israel, vir die wat in Hom glo?  dit beteken as jy in Jesus Christus vertrou, en in Hom glo en Hom bely as die Koning oor jou lewe, dan kan jy rustig wees in die wete dat Hy vir jou onheiligheid reeds die straf gedra het, wat op jou moes neerkom, die beloftes van die land, die ewige lewe is nou vir jou waar.  jy gaan hemel toe as jy in Hom glo.
Jy verdien dit nie....die klein bietjie wat God verwag kon jy nie eers nakom nie...wat vra Hy dus nou van jou....Hy vra dat jy in Hom sal vertrou en in Hom sal glo, as die Een wat vir jou ook, betaal het.  As jy reeds in Hom vertrou, moet jou hele lewe spreek van dankbaarheid teenoor Hom.  Hoe anders dan? Hy het met Sy lewe betaal en die onmoontlike vir jou moontlik kom maak.  Hoe sal jy hom ooit genoeg kan bedank in ewigheid?
Punt 3 (Lof)
Gaan uit en gaan loof en prys Hom vir die wonderdade, wat ook vir jou was.  Gaan uit en gaan leef ‘’n lewe van gehoorsaamheid aan Hom, as jy struikel, word dan herinner aan jou onvermoee en Sy verlossing.  Bely jou onvermoee en herbevestig jou vertroue in Hom.  Laat jou lewe aan ander getuig van die Wonder wat in jou lewe plaasgevind het, dat ander dit kan sien en ook daarin kan deel.  Kom volgende week na die Nagmaalstafel met dankbaarheid in jou hart, vir wat Hy reeds vir jou gedoen het.  Met die Nagmaal gedenk ons juis Sy Liggaam wat vir ons gebreek is en Sy bloed wat vir ons gevloei het en vir ons daardeur reeds betaal het.
Samevatting
Ons het vanoggend ons eie Onvermoee gesien....ons het ook gesien dat daar net Een is wat die verskil kan bring...ons harte is nou brandende as ons in diepe aanbidding voor Hom buig....
Amen.Download Genesis 35:1-15Download Genesis 35:1-15

Saturday, August 4, 2012

Nuwe Preek: Lukas 10:25-37 - Vir wie sal ek 'n naaste wees?

Skrifgedeelte:   Luk 10:25-37
Preektema:  Vir wie kan ek ‘n naaste wees?

Inleiding
Geliefdes, in die Here Jesus Christus, Jesus Christus het die laaste paar weke van sy bediening voor sy kruisiging onder hewige stryd en strikvrae deurgeloop – vanaf die Fariseers en die Saduseers en die Skrifgeleerdes,  hulle was op soek na iets wat hulle teen Hom kan gebruik – ‘n rede om van Hom ontslae te raak – as ons egter dit gaan ondersoek sal ons opmerk dat hulle male sonder tal – net hulleself diskrediteer – so ook na die perikoop waarna ons vanoggend gaan kyk:  
‘n Skrifgeleerde kom na Christus - hy kom doelbewus om hom te versoek – ironies gebruik hy die vraag oor redding om Hom te versoek – dit het later net aangetoon dat die Skrifgeleerde baie min verstaan van ware selfopoffering:

Hy vra die vraag nie uit nood, uit ‘n diepe behoefte aan die ewige lewe nie. Hy verwag daarop nie ‘n verrassende antwoord, ‘n stuk evangelie nie.
Nee, hy ken reeds die antwoord, hy ken dit uit sy kop, hy kan dit dan opsê, dit resiteer. Dit was mos sy werk as Skrifgeleerde juis om die toepassingsvelde van die wet akkuraat te kan beskrywe.  
Nee, hier is geen soeke na die Fontein van Lewe nie. Hierdie Skrifgeleerde – soos die ander in daardie dae wil Christus versoek – hulle wil hê Christus moet in die strik trap – iets beweer wat hulle die reg sal gee volgens die Mosaise wette om hom dood te maak – ons moet egter hier opmerk dat die Skrifgeleerdes en Fariseers die mense onder ‘n baie swaar juk geplaas het rondom die wet – die wet het sy liefdeskarakter waaraan die hele wet hang deur hulle interpretasie verloor.

Luister net na sy woorde: (Luke 10:25En daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
(Luke 10:26En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
(Luke 10:27En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Die man haal aan vanuit die Torah om Christus hier te antwoor - Hy haal hier direk aan uit die OT - luister na:  (Deut 6:5) Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.  
Die man voeg egter die naasteliefde by soos wat Christus dit ook in die 2de gebod vereis.
(Luke 10:28Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
(Luke 10:29Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus:

En wie is my naaste?  Geliefdes, kom ons ondersoek self hierdie vraag vanoggend:

Om hierdie vraag te beantwoord vertel Jesus dan vir hom ‘n gelykenis:
Luister saam na die gelykenis vanoggend:  (Luke 10:30En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.
Die pad van Jerusalem na Jerigo was selfs tot in die 19de eeu ‘n gevaarlike pad.  ‘n Kronkelede pad van 23km wat 1000 voet afsak tot onder seevlak.  
Die man word aangeval, kaal uitgetrek, niemand kon dus aan sy klere agterkom van waar hy kom of wie hy was nie (klere was natuurlik op daardie stadium ‘n baie belangrike kommoditeit).  Hy het halfdood bly lêbewusteloos, stom sonder identiteit, ‘n stuk lewelose wese in nood – niks meer nie.
(Luke 10:31En bygeval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.
1.
Die Priester  
‘n Priester kom nou ook op die pad vanaf Jerusalem waar hy moontlik tempeldiens verrig het.  Hy het reeds die tempeldiens afgehandel.  Volgens die seremoniele-wette mag hy as Priesters nie naby ‘n lyk gekom het nie, dan was hy onrein.  Die seremoniele-wette en die wette van die Fariseers daarna,het vereis dat hy ten minste 4 el (m)van hom wegbly as hy dood is.  
-
Hoe sal hy weet of die man nie dalk al dood is nie?    
-
Dalk is die halfdooie, bewustelose mens ‘n heiden wat hy tog nie hoef te help nie.
Geliefdes, hoor jy die selfregverdiging – hierdie priester is besig om redes uit te dink om homself te regverdig, waarom hy tog nie hierdie man kan of mag of moet help nie.  God sal mos verstaan dat diereinigingsgebruike hom bind en dus belangriker is as die samevatting van die Wet – as dieliefdesgebod.  Die ironie geliefdes, is dat die wette (wat die seremoniele wette insluit) egter kragteloos is sonder die liefde – sonder liefde is dit bloot legalisties – daar is geen rede meer om dit na te kom – of maatstaf dat dit nagekom moet word nie – sonder liefde is die rede hoekom enige wet nagekom moet word vernietig.  
Nee, Hy bly liewer uit die gevaarsone, uit die onreinheidsirkel uit!  Hy gaan heel tevrede anderkant verby – hy het homself geregverdig om nie te hoef te help nie – hy hoef homself nie te verneder om iemand anders minder belangrik as hy te help nie – hy mag homself verhef – hy is dan belangrike in sy volk.  In elk’geval hoe sal hy eers seker wees die man is deel van sy volk – deel van sy uitgesoekte groep – sonder ‘n draad klere kan hy dalk ‘n heiden of ‘n Samaritaan wees.  Nee, hy stap liewers ‘n wye draai.  Hy verwerdig hom nie eers om vir die persoon ‘n gebed te doen nie...
Teenoor hierdie Priester – kom staan Jesus Christus as ons volmaakte Priester – Hy neem nie sy reinheid in ag as Hy saammet die Hoere, die tollenaars en selfs die vroue van daardie tyd eet of hulleselfs aanraak nie.  Nee, Hy kom sterf hier onder ons selfs vir die Priester se selfverheffing.  Luister na (Matt 9:10En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.

Geliefdes, was hierdie Priester dus ‘n naaste van hom wat deur die rowers oorval is?
(Luke 10:32En net so het ook ‘n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

2.  Die Leviet
Ook die Leviet kom daar verby.  Volgens die seremoniele-wette kon hy nader kom as die priester -Hy moet net sy rituele reinheid bewaar, solank as hy met kultiese aktiwiteite besig is.  Die Leviete was die belangrike mense in die volk – hulle was uit die stam van Levi die uitgesoekte priesterdom – hulle was die manne van naam – volgens hierdie leviet het hy nie nodig om ander in diens by te staan nie.  Gaan hy as een wat die volk as leviet dien hierdie man bystaan in sy nood – nee hy is nie deel van die “regte” volk nie liewers stap hy verby... Maar hier is weereens konflik.  
Soos by die Fariseers later – ontstaan die vraag sal hy liewer sy naam behou?
Of sal hy eerder die minste wees en hierdie man help.  Hy kies om verby te gaan.
Die priester en leviet gaan staan aan die anderkant van die rowers. Hulle gaan ook weg! Hulle beroof hom nie van klere, geld en lewe nie. Hulle beroof hom van sy menswaardigheid!  Daardeur ontneem hulle ook hulleself van naastediens.
Teenoor hierdie Leviet – kom staan Jesus Christus as die Naam bo alle Name – Hy neem nie sy Eer in ag as Hy aandag gee aan die kinders, die bedelaars en die melaatses nie.  Nee, Diensbaarheid begin vir Hom by nederigheid.  Hy kom sterf hier onder ons deur te kom en ons belange te dien.  Luister hierna:  Christus antwoord die dissipels Johannes die Doper – wat kom vra of Hy die Messias:  Luister na wat Christus antwoord en daarmee sy bediening opsom: (Matt 11:4) En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:
(Matt 11:5) blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.

Kom ons vra dus vanoggend:  Was hierdie Leviet dus ‘n naaste van hom wat deur die rowers oorval is?
33 Hy het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
34 en na hom gegaan,
Geliefdes, die 3 de persoon wat in die gelykenis inkom is Die Samaritaan
Tot almal se skok, bring Jesus ‘n Samaritaan op die toneel. Hy was nie ‘n heiden nie –  Hy glo deels in dieselfde Tora, maar word gesien as verraaier en verdraaier van die wet en daarom ‘n ketter.                
As die leviet en die priester nie gestop het nie – gaan hy defnitief nie – julle weet mos wat het die Jode oor die Samaritane gesê – hulle was nie die ras-egte Jode nie – hulle het dan in en na die Ballingskap met die heidene wat hulle weggevoer het ondertrou – hulle is honde vir Jode.  Hulle leef nie in Jerusalem nie – hulle leef daar in Samaria – waar daar geen ras-egte Jood is nie – hulle is onrein – hulle is die skuim van hierdie aarde –
Die Samaritane het gebuk gegaan onder die haat, veragting, en godsdienstige wrewel van die Jood.  Nog erger Christus is dan ras-egte Jood – gebore in die Streek Judea – in Dawid se stad – hoe kan hy nou sommer ‘n Samaritaan hier inbring – het hy geen konsep van die politieke situasie nie.  Ja geliefdes hier skok Christus al sy hoorders.
Die  Samaritaan word hier die held.  Hy kom ook vanaf Jeruslaem hier verby. Hy sien ook, maar hy bly staan – hy gaan nie verby nie. Hy is hier in Judea, in die Jode se land, ‘n gevaarlike plek. Hy die gehate Samaritaan raak die man se liggaam aan.
Hy verpleeg hom.  Hy doen wat die ander nagelaat het om te doen.
Hy maak die wonde met olie sag,
reinig dit met wyn
en verbind dit.
Hy laai die beseerde man op sy rydier,
en neem hom na ‘n plek van veiligheid en versorging.
Hy laai hom nie net af nie.
Hy versorg hom vir die nag.
Terwyl hierdie man van alles beroof is,
betaal hy die herbergier ‘n bedrag wat genoeg is om verskeie dae se mediese sorg voorsiening te maak.

Wat het nou gebeur?
Die onreine van Samaria – gaan hy die naaste van hierdie man wees?
Klimaks:  Was die Samaritaan ‘n naaste van hom wat deur die rowers oorval is?
Hoe kan dit?  Die priester en die leviet het mos alreeds hulle naaste gekies!  
Geliefdes, wat het hier gebeur – teenoor die leviet en die priester kom staan die Samaritaan – maar wat is die verskil – geliefdes sy hart, sy gesindheid – dit is die verskil – Hy doen iets, want hy sien nie die gewonde met sy oë nie, maar ook deur sy hart.  
Die liefde van God wat leef in sy hart.
1.
Die Leviet en die Priester wou uit hoogmoed en selfverheffing van hulle hart – uit die haat wat in hulle harte leef teenoor die liefde, hulle eie naastes kies – hulle naastes moes sekere eienskappe besit – enigiemand kan tog nie, HULLE naaste wees nie – daarvoor is hulle tog te heilig – hulle naaste moet rein genoeg wees, hulle naaste moet darem hulle ras-egte Joodse agtergrond deel – hulle naastemoet darem die REGTE eienskappe besit.   Nee, as dit kom by hulle naaste sal hulle die keuse maak!!
2.
Teenoor hierdie selfverheffing van die Leviet en Priester, staan daar vanoggend die selfverloening van die Samaritaan.  Hy vra nie meer wie is my naaste nie? – nee,
Hy vra: vir wie kan ek ‘n naaste wees?  
Dit geliefdes, dit is egter net moontlik vanuit ‘n hart wat nederig, dienend leef – wat alle ander se nood raaksien – sonder kwalifikasie –  slegs selfverloënend.
Met hierdie gelykenis draai die Here die vraag van die wetgeleerde om.  
Die wetgeleerde het gevra:  Wie is my naaste?
Christus vra:  Vir wie sal ek ‘n naaste wees?  Luister net na vers 36
36 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?”

Die Skrifgeleerde moet sy kop in skaamte laat sak -
“37 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het.”

Geliefdes, vra jy nog wie my naaste is of vra jy eerder vanoggend vir wie kan ek ‘n naaste wees?
-
Nie wie is my barmhartigheid werd nie – nee – eerder vir wie is ek werd om as naaste op te tree?  
-
Wie is daar teenoor wie ek met barmhartigheid kan toon?
-
Nie ‘n kultiese maar praktiese vroomheid is nodig;
o
nie net gebed en kerk-toe gaan word geverg nie
maar aktiewe naasteliefde teenoor almal in nood wat jou pad kruis of spreekwoordelik by wie jy verby loop –
-
In naastediens word bewys gelewer dat ons God liefhet.  Naasteliefde is die plek waar die liefde vir God gedemonstreer is en in bewaring gehou moet word.
-
Die sien van die mens in nood, is die eerste tree in die rigting van naasteliefde.
-
Eers wanneer die naaste vir ons ‘n gesig kry, word ons geruk,
o
uit ons vaste beginsels,
o
uit ons veilige grense en vooropgestelde menings –
om ‘n eenvoudige en konkrete daad te verrig.
Vir wie kan ek ‘n naaste wees?
Christus is hierin vir ons die volmaakte voorbeeld...
Christus Jesus self het as God Homself kom verneder en na hierdie aarde gekom:  
Hy het kom vra:  Vir wie kan Ek ‘n naaste wees?  
Luister net na (Matt 20:27En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;
(Matt 20:28net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.
Daardeur het Hy ons verlos om ook ‘n naaste te wees vir ander!

Mag die Heilige Gees ons hierin help en lei dat ons vir ander ‘n naaste sal wees!  Dat ons, ons voorveronderstellings en verskonings agter laat, dat ons ons hoogmoed sal vernietig, dat ons werklik beskikbaar sal wees in Sy diens.  Nie meer vol keuses – nee, eerder nederig sal vra:  
Here, vir wie wil U he, moet ek ‘n naaste wees vandag?
Christus sluit self die gelykenis af:
“Gaan jy en doen net so.”
Gaan uit geliefdes en gaan wees vir ‘n ander in barmhartigheid ‘n naaste, omdat Jesus Christus jou verlos het en Jesus Christus dit van jou vra!
Amen.